{"product_id":"9781776172511","title":"Viva Camena","description":"\u003cp\u003eViva Camena (Lewende Muse) bevat vertalings van gedigte van Catullus, Horatius, Tibullus, Propertius, Sulpicia, Ovidius en Martialis wat gedurende die jare vanaf ongeveer 65 v.C. tot ongeveer 104 n.C. aktief was, 'n periode van byna 170 jaar. Van elke digter word 'n kort biografie en inligting oor styl en inhoud verskaf. Verwysings na\u003cbr\u003emitologie en historiese gebeure word in 'n Glossarium toegelig.\u003cbr\u003e“Die versameling bevat die gedigte wat die laaste twee duisend jaar die meeste gelees is, deur kinders wat Latyn op skool moes neem en\u003cbr\u003edeur politici, wetenskaplikes en digters vir plesier en inspirasie. Dit is immers uit Propertius wat Petrarca se Laura gebore is, uit Horatius wat Robert Frost, W.H. Auden en Louis McNeice geskep het, en in Ovidius se Tristia waar baie van Bob Dylan se inspirasie lê. … Verder sal die vertalings van groot waarde wees vir die ontwikkeling van die\u003cbr\u003eAfrikaanse literêre idioom.” - Dr Johan Steenkamp\u003cbr\u003e“Die bundel is eerste van sy soort in Afrikaans. … Dis veral die verwysings na die werke van hierdie digters deur die eeue (in ander letterkundes, maar ook in Afrikaans) waar hierdie vertalingsbundel werklik 'n leemte vir die Afrikaanse leser vul. Dit spreek dus vanself dat die werk 'n behoefte aanspreek en 'n waardevolle bydrae tot die\u003cbr\u003eAfrikaanse taal en kultuur maak.” - Dr Sjarlene Thom\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+W.J.+Henderson\" class=\"contributor-link\"\u003eW.J. Henderson\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"W.J. Henderson,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380791296163,"sku":"9781776172511","price":460.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776172511_433548f3-2d1f-4e92-9d6c-40d16bfba124.jpg?v=1776580613","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776172511","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}