{"product_id":"9781776172863","title":"Elke dag 'n mooi nooi en 'n moord","description":"\u003cp\u003eUit polemieke en petaljes; rusies en romanses; herries en hofsake en wat nog put gesoute koerantman Hennie van Deventer ŉ ryk oes vir sy boeiende boek oor koerante en die nuus wat hul lewensbloed is.\u003cbr\u003eDie veteraan van die perswese staan bekend as ŉ gebore en geesdriftige nuusmens. Hierdie is sy sewende boek met ŉ binneblik op die koerantwêreld. In ŉ onderhoudende keuse van stories met ongewone kinkels roer hy allerlei omstredenhede aan: Charlize Theron se “net 44 wat nog Afrikaans praat”, Amanda Gouws se verweer vir vroue wat vloek, Ton Vosloo se ontdekking van “'n ander Suid-Afrika”, die slagspreuk “Kill the Boer”….\u003cbr\u003eSy temas is talryk. Hy ryg die staaltjies en anekdotes in en verklap geheimpies uit redakteurskantore en raadsale. Wie humor soek, sal heelwat daarvan kry - ook heelwat politiek of lig op persoonlikhede: nie net huishoudelike name in die media nie, maar groot letterkunde-geeste soos die korrelkop Langenhoven, NP van Wyk Louw en Opperman, politici soos Verwoerd en Vorster, skoonhede soos prinses Diana en Anneline Kriel en, les bes, selfs ontkleedanseres Glenda Kemp.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hennie+van+Deventer\" class=\"contributor-link\"\u003eHennie van Deventer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hennie van Deventer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380802076835,"sku":"9781776172863","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776172863_eb993c02-e932-42c1-aa1b-29ce1482bcad.jpg?v=1776580701","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776172863","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}