{"product_id":"9781776172979","title":"In die rede geval","description":"\u003cp\u003eIn sy groot filosofiese werk Arbeit am Mythos 1979 in Engels as Work on Myth 1990 beskikbaar, doen die groot Duitse filosoof Hans Blumenberg 1922 96 iets so radikaal dat baie mense veertig jaar later nog nie na behore weet wat om daarmee te maak nie\u003cbr\u003eHy veronderstel ŉ onderskeid tussen twee modusse van dink en stel dit voor as 'n basiese rooster wat álle denke ondervang die mitewerkende modus en die modus van die rede Dit is 'n onderskeiding wat nuwe lig werp op van die hardnekkigste problematieke der tye\u003cbr\u003eDie twee dinkmodusse wissel mekaar af, vul mekaar aan en oorvleuel soms Tog is hulle glad nie dieselfde nie Ons het hier te make met 'n “mystery story” van die mens se denke En dit is broodnodig om daarvan kennis te neem In die verwarring en chaos waarop die laatmoderne wêreld uitgeloop het, lyk dit asof Blumenberg se radikale onderskeid veel kan doen om 'n verstandhouding met situasies in die hand te werk wat al hoe meer lyk of dit die mensdom in sy geheel wil kelder.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Charl+Pierre+Naud%C3%A9\" class=\"contributor-link\"\u003eCharl Pierre Naudé\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Charl Pierre Naudé,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378708463779,"sku":"9781776172979","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776172979_2882bc68-2925-47a6-bff2-b5a042b2df52.jpg?v=1776580721","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776172979","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}