{"product_id":"9781776190287","title":"Louis Botha - Krygsman, Generaal, Staatsman","description":"\u003cp\u003eLouis Botha was 'n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Maar dit was sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as 'n leier van die Boerevolk bevestig het.\u003cbr\u003eRichard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste eerste minister van die Unie aangewys is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGedurende die Eerste Wêreldoorlog was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBotha se groothartig en vrygewige omgang met mense - van Vereeniging tot Versailles - het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Richard+Steyn\" class=\"contributor-link\"\u003eRichard Steyn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Richard Steyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378818924707,"sku":"9781776190287","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776190287_63132c7a-8396-4e0d-8c68-5545685a17cc.jpg?v=1776580775","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776190287","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}