{"product_id":"9781776190461","title":"Amper Frans","description":"\u003cp\u003eToe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag 'n château in die Franse platteland sou besit nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het -  daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOm die vervalle château saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in 'n boetiekhotel te omskep het groot geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer. Een daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om 'n hele château te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLouis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDit is 'n moet vir Frankofiele!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Louis+Jansen+van+Vuuren\" class=\"contributor-link\"\u003eLouis Jansen van Vuuren\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Louis Jansen van Vuuren","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378301386915,"sku":"9781776190461","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776190461_52b0d3ca-7693-4daf-b629-feb6ea2b260e.jpg?v=1776580813","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776190461","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}