{"product_id":"9781776190805","title":"Die Boek Van Twee Weë","description":"\u003cp\u003eIn die splitsekonde wat sy met haar eie dood gekonfronteer word, verander alles in Dawn Edelstein se lewe. Sy is op 'n vliegtuig wat skielik gedwing word om 'n noodlanding te doen.\u003cbr\u003eTerwyl sy haar op die ergste voorberei, is haar gedagtes egter nie by haar eggenoot en dogter nie, maar by Wyatt Armstrong - 'n man wat sy 15 jaar gelede in Egipte agtergelaat het. Dawn oorleef die vliegtuigongeluk op wonderbaarlike wyse, maar word daarna deur groot onsekerheid oor haar lewenskeuses gery.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy het 'n goeie lewe in Boston saam met haar man en dogter en sy vind vervulling in haar werk as doulah, waar sy sterwende mense help om die oorgang tussen die lewe en die dood te maak. Tog kan sy nie help om te wonder wat geword het van Wyatt en sy werk as argeoloog wat antieke grafkelders opgrawe nie. As jong studente het hulle saam opgrawings gedoen totdat Dawn weens 'n persoonlike krisis terug is na Amerika.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMoet sy terugkeer na haar voorstedelike lewe en haar gesin? Of moet sy na Egipte gaan en die spoke van die verlede finaal in die oë kyk en dalk haar navorsing oor die Boek van twee weë voltooi?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSoos die verhaal ontvou, moet Dawn antwoorde op talle kritiese vrae vind: Wat behels 'n goeie lewe? Wat los ons agter wanneer ons sterf en hoeveel van ons lewenskeuses is ons eie en hoeveel maak die lewe vir ons?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jodi+Picoult\" class=\"contributor-link\"\u003eJodi Picoult\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jodi Picoult","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378290737315,"sku":"9781776190805","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776190805_25a1f931-ff07-4dc2-8d93-d4fa996b8e81.jpg?v=1776580864","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776190805","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}