{"product_id":"9781776191772","title":"Die Anglo-Boereoorlog In Kleur: Volume 1 - Konvensionele Oorlog 1899-1900","description":"\u003cp\u003eTonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling foto's wat lewensgetrou ingekleur is. Dit bring vars perspektief op een van die belangrikste historiese gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn die Anglo-Boereoorlog of Suid-Afrikaanse Oorlog het die twee Boererepublieke van Transvaal en die Oranje-Vrystaat teen die Britse Ryk te staan gekom. Hierdie verwoestende oorlog sou vir dekades lank nog 'n uitwerking hê op die Suid-Afrikaanse politieke, ekonomiese en sosiale landskap.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVolume 1 handel oor die konvensionele fase van die oorlog van Oktober 1899 tot Junie 1900 met Lord Roberts se besetting van die Boererepublieke. Die foto's wys die Boeremagte se invalle in Natal en die Kaapkolonie, die besetting van Ladysmith, Kimberley en Mafeking, en van die bekendste slagvelde van die oorlog.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLesers sal talle ikoniese foto's in Die Anglo-Boereoorlog in kleur raaksien, maar ook verskeie wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Honderde boeke het die afgelope 120 jaar oor die oorlog verskyn, maar dit is die eerste een in volkleur.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Tinus+le+Roux\" class=\"contributor-link\"\u003eTinus le Roux\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Tinus le Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379923730595,"sku":"9781776191772","price":430.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776191772_0bca9ec9-eb3a-411e-8508-b5daaa62c6cf.jpg?v=1776580987","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776191772","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}