{"product_id":"9781776194490","title":"Ten Slotte","description":"\u003cp\u003eEben Etzebeth is tans die speler wat al die meeste toetswedstryde in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie ellelange slot se intelligensie, energie en aggressie gevrees, gerespekteer en dikwels nageboots - maar hy bly ongeëwenaard.\u003cbr\u003eHy is lid van die Springbokke se senior leierskapsgroep, en speel 'n deurslaggewende rol in 'n ongelooflik suksesverhaal wat twee agtereenvolgende Wêreldbekers insluit, asook die span se posisie boaan die wêreldranglys die afgelope twee jaar.\u003cbr\u003eIn hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore vir sy buitengewone sukses, en hoe hy gefokus bly - op en van die veld af. Van sy beskeie kinderjare in Goodwood - 'n voorstad van Kaapstad waar niks maklik kom nie - regdeur sy vroeë klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die SuidAfrikaanse nasionale span, vertel Ten slotte die verhaal van 'n merkwaardige sportloopbaan. \u003cbr\u003eDit is 'n inspirerende storie van 'n man wat van voor af gelei het en teen die bestes in die wêreld gespeel het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Eben+Etzebeth\" class=\"contributor-link\"\u003eEben Etzebeth\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Eben Etzebeth","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382870556835,"sku":"9781776194490","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776194490_3798526b-a460-4596-9e93-92de32032fc4.jpg?v=1776581342","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776194490","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}