{"product_id":"9781776220793","title":"Bloedgoud: Waar die dood geen grense ken nie","description":"\u003cp\u003eŉ Moord en Roof reeks\u003cbr\u003eTimothy Sibiya alias The Boss en Zimba sy getroue vriend vir baie jare is albei ervare en gesoute zama-zama myners al van die ou Rhodesiese Hangwe Colleriesse dae af waar hulle saam myners was. Hulle beset die verlate Amandelboom Consolidated goudmyn in die Tankwa Karoo, maar word bedreig deur zama-zama myners uit Lesotho. Hy, Zimba en sy groep myners wat vir hom werk keer die groep zama-zama vasen stel hulle tereg deur hulle in die ou hoof skag af te gooi. Timothy en Zimba besluit hulle het genoeg goud vir eers bymekaar gemaak en gaan terug na Zimbabwe. \u003cbr\u003eDrie jaar later is hy en Zimba terug en vaar die verlate Eersteling goudmyn buite Pietersburg in en herwin ŉ groot hoeveelheid goud. Hulle neem drie Zimbabwiërs in diens wat ŉ moord komplot teen hulle beplan en om die myn van hulle oor te neem, maar die plan word gefnuik en hulle drie word deur Timothy en Zimba doodgeskiet en hulle liggame word in ŉ verlate veld buite Potgietersrus gegooi. Majoor Jaap le Roux van Pietersburg Moord-en-roofeenheid neem die ondersoek oor en deur baie knap speurwerk word die liggamegeïdentifiseer enmet die Eersteling goudmyn verbind. Majoor Jaap le Roux vra die hulp van die Anti zama-zama eenheid in Randfontein en daar word op die Eersteling goudmyn toegeslaan. Timothy en Zimba vlug deur verlate skagte, gooi dinamietkerse na hulle agtervolgers wat ŉondergrondse rotsstorting veroorsaak. Majoor le Roux word deur rotse vasgeval, maar word heldhaftig gered en bevry, maar ŉ lid van die Anti zama-zama eenheid en Zimba sterf as gevolg van die ontploffing. Timothy vlug die myn uit, vermoor die winkellier en sy houvrou daar naby, steel ŉ klomp goud en kontant uit sy brandkluis en vlug met sy paspoort en bakkie terug na Zimbabwe. Timothy koop ŉ aandeel in Cricket goudmyn in die suide van Zimbabwe, maar vloedwater van ŉ wolkbreuk verwoes sy mynskagte, maar hy kon darem ŉ klomp goud herwin en met ŉ nuwe identiteit gaan hy terug Suid-Afrika toe. Hy raak betrokke met zama-zama bedrywighede in Randfontein en Westonaria, word gearresteer en sy sindikaat vennote in ŉ bloederige geskietery met die polisiehelp hulle hom ontsnaptoe Moord en Roof hom uitloop en warm op sy spoor is, maar weereens ontsnap hy saam met Rebecca, die liefde in sy lewe terug na Zimbabwe en bou vir haar ŉ huis naby die Limpoporivier se walle waar hulle eersteling klein Rebecca gebore word\u003cbr\u003eTimothy ontdek ŉ oeroue tonnel besaai met honderde geraamtes en goud wat onder die rivier deurloop waar hy in sy geestesoog deurMhungubwe die koning van Mapungubwe gekonfronteer word dat hy die verborge skatte wil steel toe die vloek van Mapungubwe hom tref…\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Henk+Heslinga\" class=\"contributor-link\"\u003eHenk Heslinga\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Henk Heslinga","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382931046563,"sku":"9781776220793","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776220793_5b2f0a72-ff84-4a0e-b8e7-b946ddc16224.jpg?v=1776581548","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776220793","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}