{"product_id":"9781776250363","title":"As jy droom","description":"\u003cp\u003eElke droom begin met 'n dromer. Megan se droom is om saam met ander tieners 'n vliegtuig te bou en daaarmee van Kaapstad na Kaïro te vlieg. Haar doel is om kinders in ander Afrikalande te inspireer om ook hulle drome vlerke te gee. Toe die vliegtuig uiteindelik meer as 'n jaar later gereed is, pak sy en haar medevlieëniers 'n reis vol avonture en naelbyt-oomblikke aan.\u003cbr\u003eAs jy droom is 'n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop en hartseer. 'n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem - as dit nie die waarheid was nie ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDaniëlla van Heerden is 'n TV-nuusleser en -joernalis. Vir haar werk by eNuus op kykNET is sy onder meer bekroon as die Nasionale Persklub se TV-nuusjoernalis van die jaar, en sy het ook 'n ATKV-mediaveertjie ontvang vir die beste TV-insetsel. Die Afrikaanse Taalraad het haar vereer met 'n\u003cbr\u003eKokertoekenning vir haar bydrae tot Afrikaans, en in 2017 word sy aangewys as die Noordwes-Universiteit se Jong Alumnus van die Jaar. Daniëlla en haar fotograafman Cornél het 'n dogtertjie, Simoné. Die gesin woon saam met hulle Jack Russells in Roodepoort.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMegan Werner is 'n 19-jarige vlieënier en motiveringspreker en stigter van die U Dream Global-inisiatief. Sy woon naby die Lanseria-lugawe in Johannesburg. Megan het in 2019 gematrikuleer en is tans besig met haar kommersiële vlieglisensie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dani%C3%ABlla+van+Heerden\" class=\"contributor-link\"\u003eDaniëlla van Heerden\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Megan+Werner\" class=\"contributor-link\"\u003eMegan Werner\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Daniëlla van Heerden,Megan Werner","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378822332579,"sku":"9781776250363","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776250363_ebcaed08-ba89-4514-9c6c-a852690a1a63.jpg?v=1776581629","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776250363","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}