{"product_id":"9781776252978","title":"Seeperde","description":"\u003cp\u003eAs mens die eerste keer vir Billy sien, sal jy dink hy's net 'n perd. 'n Bruin perd met 'n wit vlek tussen die oe. Maar Stella weet van beter. Wanneer sy op Billy se rug klim en deur die woud galop, is alles net perfek! Sy kan nie wag om na skool saam met haar maat Mira by die pragtige perdryskool langs die see te gaan ry en nuwe toertjies te leer nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar tannie Lara, die eienaar van die perdeplaas, het 'n geheim ... 'n geheim wat die einde van die kinders se perdrylesse kan beteken. Wanneer Stella uitvind wat dit is, moet sy baie vinnig 'n plan beraam om haar geliefde perdryskool te red. Kan die interessante nuwe musiekjuffrou by die skool dalk help? Hoekom voel dit asof die nare Runette alles probeer bederf? Gelukkig het Stella en Mira 'n plan, 'n plan wat almal op die dorp se asem sal wegslaan.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Naomi+Meyer\" class=\"contributor-link\"\u003eNaomi Meyer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Naomi Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380997996707,"sku":"9781776252978","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776252978_9ba5cad0-e397-41e4-810f-ed151f119fed.jpg?v=1776582156","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776252978","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}