{"product_id":"9781776350766","title":"`n Fiets vir twee","description":"\u003cp\u003eHy wil berge vir haar versit\u003cbr\u003eTerwyl sy met dwalende gedagtes na die fiets-expo trap, beland Benita amper onder Melt se sportmotor. Daar aangekom, val sy flou in die stalletjie wat Melt bestuur. Die oomblik toe hy haar skraal lyfie op die mat sien lê, kruip Benita diep in Melt se hart sonder dat hy dit besef. Hy wil berge vir haar versit, veral wanneer hy besef watter opdraande die lewe haar gee. Maar ten spyte van haar omstandighede is Benita 'n meisie met 'n wil van haar eie. Hy meng sonder verskoning in haar lewe in, tot haar groot ergernis en frustrasie. Haar lewe is moeilik genoeg sonder nog iemand wat dit kom omkrap. Met drie weke oor voor sy op straat beland, doen Benita haar bes om staande te bly. Intussen probeer Melt juis om haar van haar voete af te swiep.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie heldin ontglip stereotipe, en kom soos 'n gewone vrou voor wat haar eie pad deur die 'n moeilike lewe moet kap. Buiten die sterk romanse, raak die boek ook aan temas soos armoede en ŉ onbeplande swangerskap.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ilze+Beukes\" class=\"contributor-link\"\u003eIlze Beukes\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ilze Beukes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379420971171,"sku":"9781776350766","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776350766_33fab92a-6f06-49a4-a7c8-60bfcaec9f6a.jpg?v=1776582573","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776350766","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}