{"product_id":"9781776351251","title":"Die net is gebreek","description":"\u003cp\u003eGebed, die weg na vrede en vervulling\u003cbr\u003eDie net is gebreek brei uit op die boodskap van Psalm 124:7, “Ons, net soos 'n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug.'\u003cbr\u003eDie meeste mense beland die een of ander tyd in 'n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe.\u003cbr\u003eIn die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van 'n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader.\u003cbr\u003eDie blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie. Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van 'n gesonde gebedslewe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Die net is gebreek word ons herinner dat 'n groot krisis tot innerlike groei en verryking lei. Dan kan daar betekenis wees in 'n tyd van teenspoed, en 'n nuwe pad kan uit die doodloopstraat lei.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chris+van+der+Merwe\" class=\"contributor-link\"\u003eChris van der Merwe\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chris van der Merwe","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379499090083,"sku":"9781776351251","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351251_2242a89e-ba61-4593-895f-77098e739410.jpg?v=1776582589","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776351251","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}