{"product_id":"9781776351299","title":"Geloof soos 'n mosterdsaadjie","description":"\u003cp\u003eGeloof soos 'n mosterdsaadjie is die eerste van 'n drieluik wat die boeiende verhaal van Andreas Beyers en Estie Wolmarans vertel. Die temas is geloof, hoop en liefde. Die drieluik skop af in Andreas se kinderjare, waar 'n tragedie sy lewe onherroeplik verander en hy gewikkel raak in die stryd en konflik tussen goed en kwaad. Hierdie eerste boek fokus op geloof en die stryd om die lewe te aanvaar as mens met die dood gekonfronteer word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAndreas dink as afgetrede predikant terug aan sy lewe - dit is soos om 'n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af - van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met 'n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders 'n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie.\u003cbr\u003eHy en Stephan, het in 'n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou 'n tuisgeboorte wees, 'n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis.\u003cbr\u003eVan kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos 'n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379690946723,"sku":"9781776351299","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351299_e04ce571-9e29-40de-ba26-d271a45ee8a1.jpg?v=1776582598","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776351299","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}