{"product_id":"9781776351350","title":"Rig jou gedagtes hierop","description":"\u003cp\u003eOns harte en gedagtes ontvang daagliks 'n ontelbare hoeveelheid boodskappe. Sommige hiervan is waar en behulpsaam, maar ander maak seer, verwoes of is nie in lyn met die boodskappe wat God vir ons in sy innige liefde en wysheid wil gee nie. Watter boodskappe kies jy om te glo en aan jouself te herhaal? Hoe klink jou interne gesprek wanneer jy na jou spieëlbeeld staar? Spreek jou woorde van hoop en geloof, of van nederlaag en moedeloosheid?\u003cbr\u003eWatter verskil glo jy sal dit maak as jy vir die volgende een-en-dertig dae sou kies om te fokus op wat die Here vir jou wil sê en wat Hy reeds vir jou in sy Woord vertel het? Laat Rig jou gedagtes hierop die eerste stap in die opwindende reis te wees na nuwe insigte, geestelike bemoediging en onderskraging. Ontdek die krag van self-aanvaarding en daaglikse geestelike vernuwing wat voortvloei vanuit die persoonlike boodskappe vir jou uit die Woord van God.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJohn Stange se boeke fokus op geestelike groei, leierskap, huwelike, en die praktiese en toepaslike aspekte daarvan om Jesus te volg. Rig jou gedagtes hierop is die vertaling van sy uiters suksesvolle boek, Dwell on these things. \u003cbr\u003eHy het grade in Bybelkunde, Opvoeding, en Berading, en is 'n gesertifiseerde spreker, leier en afrigter by die John Maxwell span. John is die hoof pastoor by die Core Creek Gemeenskapskerk in Langhorne, PA, VSA. Hy is 'n ereprofessor by Cairn Universiteit waar hy kursusse aanbied oor kerkplanting, teologie en berading. John dien ook as die Direkteur van die National Mission Board what 'n bediening is wat op kerkplanting en algemene kerk gesondheid fokus. Sy bediening is DesireJesus.com.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+John+Stange\" class=\"contributor-link\"\u003eJohn Stange\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"John Stange","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379992871075,"sku":"9781776351350","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351350_624d9d80-e912-4966-b798-15115a992e73.jpg?v=1776582611","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776351350","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}