{"product_id":"9781776351459","title":"Die Onsienlike wêreld van Engele","description":"\u003cp\u003eEngele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie. Maar wat doen engele, waar woon hulle en watter rol gaan hulle in die toekoms speel? Die onsienlike wêreld van engele fokus nie net op die heilige engele nie, maar ook op Satan en sy gevalle engele wat ná hul skepping téén die Skepper gekies het. Hierdie boek neem die leser op 'n opwindende reis deur die Bybel: die kosmiese oorlog wat sedert Satan se val in die onsienlike wêreld van engele afspeel. Elke mens speel 'n rol in hierdie worstelstryd, veral in die laaste tye. Uitverkore engelwesens bly naby die troon van God in die derde hemel, maar soos wat die “dag van die Here” nader kom, is goeie én veral slegte engele toenemend by wêreldgebeure betrokke. Wanneer die Here van die leërskare in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, sal die onsienlike dan sienlik word?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie skrywer poog met hierdie boek om vir die leser meer Bybelse kennis oor die onsienlike wêreld van engele te gee. Die doel is dat dit van praktiese hulp in die geestelike worstelstryd sal wees, en sluit praktiese Bybelstudie vrae vir elke hoofstuk in.\u003cbr\u003eJaco Scholtz (MTh [Nuwe Testament]) is 'n navorsingsgenoot van die Departement Ou en Nuwe Testament aan die Universiteit van Stellenbosch, die skrywer van 'n tiental geakkrediteerde artikels, en hy blog vir FaithEquip.\u003cbr\u003eDie onsienlike wêreld van engele is Jaco se derde boek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Scholtz\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Scholtz\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Scholtz","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379950239907,"sku":"9781776351459","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351459_a79fea9b-dc64-42a4-a9ae-b0bd80266f56.jpg?v=1776582630","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776351459","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}