{"product_id":"9781776351572","title":"Profesie-Bybel Nuwe testament Bruin Hardeband","description":"\u003cp\u003eDie Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - 'n eerste in Afrikaans!\u003cbr\u003eElke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van 'n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan 'n groot gedeelte van die Bybel. 'n Bietjie meer as 'n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is. Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steeds onvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22). God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.\u003cbr\u003eDie Profesie-Bybel Nuwe Testament, 2020-vertaling plaas die fokus op die profetiese aard van die Bybel en die talle beloftes van God wat nog vervul moet word. Profesie moedig 'n heilige lewe aan, dit motiveer gelowiges om vir Christus te arbei en dit waarsku teen misleiding.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Bybel is in 2 kleure beskikbaar - bruin (9781776351572) en maroen (9781776351589)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+2020-Vertaling\" class=\"contributor-link\"\u003e2020-Vertaling\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"2020-Vertaling","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380147470499,"sku":"9781776351572","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351572_68634eaf-142b-4a0f-a7fd-f62f1f3cb7d3.jpg?v=1776582651","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776351572","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}