{"product_id":"9781776351633","title":"Maanengel","description":"\u003cp\u003eWaar begin mens weer soek vir hoop ná hartbreek?\nNá haar ouers se skielike afsterwe vestig Monya haarself op Franskraal om te probeer vrede vind. Maar selfs naby die see ervaar sy dat niks haar meer opgewonde maak nie. Tot die aand wat sy vir Lukas vir die eerste keer op die strand sien. Terwyl hy kruisbeen op die sand sit en mediteer, met die volmaan wat bo hom uitstyg, herinner hy haar aan ’n maanengel.\nNou kom verf dié maanengel haar hart en siel lig, en sy raak gou onherroeplik verlief op hom. Maar dan ontmoet sy vir Vicky, Lukas se beeldskone eks wat steeds deel is van sy lewe. Nou wonder Monya hoe ernstig hulle verhouding is en waar háár plek in hierdie prentjie is. Kan twee mense wat albei moes leer om verlies te verwerk mekaar se harte weer heel maak? Dalk meer belangrik: Is hulle dapper genoeg om die kans te waag?\n\nDie skrywer se liriese skryfstyl en voorliefde vir die natuur skemer deur in prentjiemooi tonele. Temas wat aangespreek word sluit in die verwerking van verlies en die krag van liefde om hoop te herstel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wilreza+Smit-Theron\" class=\"contributor-link\"\u003eWilreza Smit-Theron\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wilreza Smit-Theron","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379514622115,"sku":"9781776351633","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351633_7676481d-adca-4b20-bc75-e5a151ee5cf9.jpg?v=1776582669","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776351633","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}