{"product_id":"9781776351756","title":"Hart van goud","description":"\u003cp\u003eIs liefde genoeg om werklik te kan vergewe?\u003cbr\u003eOp die oog af lyk dit of daar niks is wat Stella Smith nie kan doen nie. Sy kan dans met ŉ skinkbord vol drankies, haar stempel afdruk as sy saam met 'n gewilde country groep sing, ŉ lekkende kraan en stukkende pyp regmaak, blomme rangskik en selfs kerkorrel speel. Daar is egter iets wat sy nie kan doen nie: om normaal op te tree as Kyle White in die vertrek is. Kyle het sy toekoms en sy loopbaan deeglik beplan. Hy is op pad San Francisco toe. Daar sal hy nie net die seun van 'n goewerneur wees nie, maar ŉ talentvolle argitek in eie reg. Ridgeway is net ŉ vinnige stop voor dan, maar die ongelooflike sexy kroegmeisie Stella maak gevoelens in hom wakker en krap sy planne deurmekaar. Ongelukkig spook Stella se verlede nog te veel by haar om die toekoms met albei hande aan te gryp. Sy voel ook nie gereed om te deel wat vyf jaar gelede op Ridgeway gebeur het nie - al vertel die tatoes op haar liggaam ŉ groot deel van die storie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHart van goud is die vyfde boek in Didi Potgieter se gewilde Harte-reeks. Dit is 'n heerlike ontvlugtingsreis na Colorado en San Francisco, en karakters uit haar vorige boeke maak ook hier hul verskyning. Didi is bekend daarvoor dat sy sensitiewe onderwerpe versigtig hanteer en toepaslike navorsing doen. Hierdie boek is geen uitsondering nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Didi+Potgieter\" class=\"contributor-link\"\u003eDidi Potgieter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Didi Potgieter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380088914083,"sku":"9781776351756","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351756_6044e48c-0fad-4bea-9c7e-020f0e56320c.jpg?v=1776582693","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776351756","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}