{"product_id":"9781776351855","title":"Tussen glas en vag","description":"\u003cp\u003e'n Hart so delikaat soos glas ...\u003cbr\u003eAnsua Welthagen, 'n talentvolle glaskunstenaar, keer terug van Europa ná ŉ groot liefdesteleurstelling. Sy onderneem om die kapel op Sewefontein, die spogplaas van die formidabele Naudés, naby Greyton, met loodglasvensters te versier. Om met 'n voertuig wat probleme gee voor Paasnaweek iewers gestrand te sit, is ŉ krisis. Maar Ansua ken krisisse. Sy ken wel nie sukkelende, geleende bakkies nie, en nóg minder alpakkas. Sewefontein is nie meer die plaas van jare gelede nie. Dit is nou ŉ heenkome vir afvlerkhoendertjies, soos die aantreklike, bot alpakkaboer die mense daar noem.\u003cbr\u003eWybrandt Naudé het ŉ sagte plek vir mense, maar hy sal dit nooit wys nie. Dis makliker om te maak of hy net omgee oor die bestuur van die plaas en sy adellike herkoms. Hy is wel nie apaties teenoor die mooi Tanya wat sy bruid wil word nie. Hy wil met alles in hom van haar ontslae raak en besluit Ansua moet hom help: sy moet sy kammaverloofde wees. Ansua word gou betrokke by die komplot om van die lastige meisie ontslae te raak,\u003cbr\u003emaar sy ontdek in die proses dat toneelspel diep emosies by 'n akteur kan ontketen. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRina het Afrikaanse romanselesers se gunstelinggenre (plaasromanses) op sy kop gedraai en gemoderniseer. Elke verhaal word verweef met interessante geskiedenisbrokkies en sjarmante randkarakters.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rina+Cilliers\" class=\"contributor-link\"\u003eRina Cilliers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rina Cilliers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379692355747,"sku":"9781776351855","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351855_910d2cbc-595e-46a7-9514-002f7c090c69.jpg?v=1776582714","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776351855","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}