{"product_id":"9781776351879","title":"Die hart soek wat hy soek","description":"\u003cp\u003eDie hart soek wat die hart soek.\u003cbr\u003eElizma Victor werk baie hard om vir haar jong seun, Luka, ŉ goeie ma te wees en om hom te beskerm. Hulle huisie by die see behoort hom veilig te hou van die lelik in die wêreld wat haar al vir jare teister. Sy sal seker maak hy word nie blootgestel aan hartseer of swaarkry nie. En Luka gaan nooit, ooit sy pa ontmoet nie.\u003cbr\u003eŉ Werksgeleentheid lok Elizma Hermanus toe. Die misterieuse skrywer, Zander Adlam, wil hê sy moet drie van sy boeke vertaal, maar sy weet niks van die man af nie. Hy is ŉ hermiet en lyk haweloos, maar sy kon haar nie voorberei op hoe bekend sy oë is nie. Alexander Adendorff, Luka se pa en haar jeugliefde, het haar weer gevind en dis asof die jare se seer verdwyn soos seeskuim. Hierdie keer sal sy egter nie vir sy sjarme val nie. Sy moet haar hart verhard, hom op ŉ afstand hou en fokus op haar werk. Sy moet ook haar kind van hom weghou. Maar die hart soek wat hy soek ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHier is René weer op haar beste; snaaks en diepsinnig, met karakters wat  jou bybly lank na die laaste blad. Die boek ondersoek die tema van tienerswangerskap met deurnis en sensitiwiteit.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ren%C3%A9+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eRené van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"René van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379416514723,"sku":"9781776351879","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351879_1421f2a6-5248-4cbc-ae4e-d9c0e8a068ea.jpg?v=1776582718","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776351879","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}