{"product_id":"9781776351954","title":"Nommerpasdeksel","description":"\u003cp\u003eDie man langsaan wil by haar intrek ...\u003cbr\u003eJune verkoop droomhuise aan jong families, maar sy weet self geluk kan nie tussen vier mure vasgevang word nie. Sy sukkel sedert haar man se dood om vir haar en haar tienerdogter, Keira, ŉ tuiste te skep en het haar eie geluk opsy geskuif. Totdat sy vir sexy Scott Hunter, die bekende televisieaanbieder, in ŉ kroeg ontmoet. Sy reisprogram is nie verniet so ŉ sukses nie. Daai hartlikheid en sjarme voor die kamera is nie aangeplak nie. Om nie van sy oorredingsvermoë te praat nie. Voor sy kan keer, trek sy na die perfekte huis vir haar en Keira én die verleidelike Scott is haar buurman ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eCecilia Nortjé is bekend vir die diepte in haar romanses en die eg menslike verhoudings tussen die karakters. Nommerpasdeksel se karakters en hul stories sal die leser lank bybly. Haar karakters is ook dikwels ouer as die\u003cbr\u003enormale held en heldin.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cecilia+Nortj%C3%A9\" class=\"contributor-link\"\u003eCecilia Nortjé\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Cecilia Nortjé","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379691896995,"sku":"9781776351954","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776351954_d4df49d2-1ca0-40b3-8878-64ea9b828d10.jpg?v=1776582735","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776351954","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}