{"product_id":"9781776352135","title":"Rooigety","description":"\u003cp\u003eHoe ver sal jy gaan om jou kind te beskerm?\u003cbr\u003eInwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die kinderpornografieskandaal wat die dorp vroeër die jaar getref het. Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Die plaaslike skool stuur rebelse tieners na regrukkampe, en selfs georganiseerde bloedskenking word met agterdog bejeën. Wanneer Daleen Boshoff se dogter tydens 'n uitstappie op die lyk van 'n tienerseun afkom, ruk dit die fondament onder hul uit. Is dit inderdaad moord vir moetie? Of hou die vermiste kinders verband met die bomaanvalle teen die kus van Afrika? \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRooigety is die opvolg van Dooiegety (2019). Die vooroordele van 'n gemeenskap en oorreaksies as gevolg daarvan kom aan bod: Die skool stuur bv. rebelse tieners na fanatiese regrukkampe, en die ouers wantrou bloedskenking by die skool na gerugte van mutimoorde. Bets Smith is 'n veelsydige skrywer wat hedendaagse, nuuswaardige insidente gebruik om spanning te bou en ons vrese uit te lig.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bets+Smith\" class=\"contributor-link\"\u003eBets Smith\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Bets Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379993297059,"sku":"9781776352135","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776352135_dbab96c0-db82-4323-97d8-1092004854ce.jpg?v=1776582764","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776352135","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}