{"product_id":"9781776352319","title":"Vryval na liefde","description":"\u003cp\u003eOm werk met plesier te meng vra na moeilikheid.\u003cbr\u003eJanneke Lombard werk vir die aantreklike joernalis, skrywer en avonturier, DeWet Combrink. Sy hou van haar werk en is gewoond daaraan om hom te vergesel waar hy ook al gaan werk. Maar om saam te gaan vakansie hou? Daarvoor is sy nie aangestel nie. Ook nie om sy suster se drie kinders op te pas nie. Hoe meer tyd Janneke egter saam met DeWet en die kinders deurbring, hoe meer raak sy bewus van haar gevoelens vir die man. Gevoelens wat beslis nie tussen ŉ werknemer en haar baas hoort nie.\u003cbr\u003eSy het lankal besluit dat sy nie weer wil seerkry nie - liefde en seerkry gaan immers hand-aan-hand. De Wet mag dalk belangstel in haar lyf, maar is dit genoeg? Boonop is die verhouding tussen hom en sy eksvrou duidelik nie heeltemal verby nie. Vir hom is Janneke dalk net nóg ŉ avontuur. Daarom besluit sy om haar afstand te hou. Maar met die liefde het sy haar deeglik misgis, want nie haar hart of haar liggaam kan van hom af wegbly nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eCorné van Rooyen word geken vir die manier hoe sy lesers aan die raai kan hou oor die liefde se kanse om te seëvier. Hier ondersoek sy die verskeie rolle wat ŉ vrou kan speel, van werknemer tot beminde tot ma. Sy weet hoe om die spanning tussen haar karakters te bou en behou om te sorg vir ŉ passievolle romanse.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Corne+van+Rooyen\" class=\"contributor-link\"\u003eCorne van Rooyen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Corne van Rooyen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379924713635,"sku":"9781776352319","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776352319_97411b14-222a-42cb-8a38-2ed12011ab21.jpg?v=1776582789","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776352319","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}