{"product_id":"9781776352333","title":"Sprokie vir 'n plaaskind","description":"\u003cp\u003eKan liefde die vrees vir verwerping oorkom?\u003cbr\u003eGeneviève van Vuuren, oftewel Jenny, se sprokieshuwelik word onverwags deur haar verloofde afgestel. Kwaad, hartseer en teleurgesteld besluit sy impulsief om saam met haar suster en swaer met ŉ kampeerwa deur Italië te gaan reis. Alles verloop goed, totdat die losbol wêreldreisiger, Reinhard Prinz, hulle op die laaste nippertjie vergesel. Al wat Geneviève met Reinhard in gemeen het, is die feit dat hulle albei as kinders deur ŉ ouer verlaat is. Nie een van hulle vertrou die teenoorgestelde geslag nie en is ook nie van plan om van mening te verander nie. Al probleem is die aantrekkingskrag wat vinnig duidelik raak.\u003cbr\u003eGeneviève en Reinard is nie blind vir hul gevoelens nie, maar ook nie gereed om dit met mekaar te deel nie. Is die vrees vir verwerping sterk genoeg om in die pad van hul geluk te staan?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHier neem Rene lesers op reis na Italië, wat ŉ heerlike agtergrond tot die ontknopende romanse bied. Die verhaal hanteer temas soos hartbreek en verwerping, maar wys hoe liefde selfs die swaarste gemoed kan lig.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ren%C3%A9+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eRené van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"René van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379924648099,"sku":"9781776352333","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776352333_79e341b5-c9be-47c6-a923-ca152f84300e.jpg?v=1776582793","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776352333","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}