{"product_id":"9781776352777","title":"Liewe Lisa","description":"\u003cp\u003eNet die liefde kan jou werklik laat vergewe.\u003cbr\u003eLisa is ŉ liewe mens, ŉ ware engel. Om altyd gaaf en goed te wees, vát aan ŉ mens. Veral sedert haar pa uit hul lewens is en die sedige oom Johan se kerkskoene soms onder haar ma se bed staan. Lisa hang haar engelvlerke op toe sy vir Darius Schietekat, oom Johan se seun, ontmoet. Oor een ding stem Lisa en Darius saam - hul ouers hoort nie bymekaar nie. In Lisa se ma se huis is daar baie vertrekke, maar nie genoeg om die Bothas en die Schietekatte uit mekaar se hare te hou nie. Al wat Lisa vra, is om uitgelos te word. Dis háár lewe, háár ape, háár sirkus, en Darius Schietekat hoef nie daarmee saam te stem nie. Dit sluit haar verhouding met Henco in. \u003cbr\u003eAs Lisa net die spoke van die verlede kan agterlaat en antwoorde kan kry oor wat werklik daardie noodlottige aand op die see gebeur het. Darius wil haar help, maar is dit ŉ goeie idee? Om uit te vind jy het jou lewe lank met ŉ leuen geleef en dan te vergewe, is soms te veel gevra. Net liefde kan jou dan red.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHier is Loots weer op haar beste, met humor en deernis wat jong en ouer lesers sal vermaak. Die boek ondersoek temas van familie en vergifnis, en vra wat dit vat om dié wat mens die seerste kan maak te vergewe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kristel+Loots\" class=\"contributor-link\"\u003eKristel Loots\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kristel Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379922485411,"sku":"9781776352777","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776352777_9b681178-7b35-4849-ab1c-3a52533bed14.jpg?v=1776582851","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776352777","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}