{"product_id":"9781776352913","title":"Soene onder die Kersboom","description":"\u003cp\u003eDie wonderwerk van Kersfees begin hier...\u003cbr\u003eSerina Bothma kom pas uit 'n lang verhouding wat sleg geeïndig het en wil niks van mans weet nie. Maar Tiaan, een van haar leerders in haar graad een klas, het egter besluit dat sy die perfekte pasmaat sal wees vir sy enkellopende pa, Hugo. Serina daag toevallig by dieselfde vakansieplek as Tiaan en Hugo op. Hugo vermoed dat sy hom agtervolg het soontoe, maar is nie van plan om by haar betrokke te raak nie, al bekoor haar sagte stem en mooi oë hom. Serina wil self nie haar nuutgevonde vryheid prysgee nie en beplan om te begin skryf. Die enigste probleem is dat geen man haar al ooit so aangeraak het soos Hugo nie. Serina en Hugo probeer mekaar vermy, maar klein Tiaan het ander idees. Hy smee allerhande planne dat die twee gedurig in mekaar se geselskap beland. Hy hét mos vir Kersvader gevra dat sy pappa met sy juffrou moet trou. En vir Kersvader is niks onmoontlik nie…\u003cbr\u003eHierdie is 'n kersverhaal vol liefde, deernis en familiewaardes. Madelie gebruik godsdiens en Christenskap sonder dat dit die romantiek van die liefdesverhaal bederf.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Madelie+Human\" class=\"contributor-link\"\u003eMadelie Human\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Madelie Human","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380397457571,"sku":"9781776352913","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776352913_d9c6c254-16d8-42ba-baaa-f1a73e83ea47.jpg?v=1776582877","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776352913","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}