{"product_id":"9781776355082","title":"Die bewonderaar","description":"\u003cp\u003eJou diepste vrees is sy grootste begeerte...\u003cbr\u003eGeen lang naels nie. Geen skoenveters nie. Dit is maar enkele van die reëls in die Molenberg-Psigiatriese hospitaal. Selfmoord is ŉ inwoner hier, en die pasiënte word as psigopate bestempel. Dominique du Randt word in Molenberg opgeneem ná haar ma se wrede moord. Niemand glo dat sy nie verantwoordelik is vir haar ma se dood nie. Niemand glo dat sy deur ŉ man agtervolg is wat homself die Bewonderaar noem nie. Haar sielkundige, Martin, het wel sy bedenkinge. Daarom dat hy sy eie speurwerk doen. Wat Martin ontdek, is die Ophelia-klub. 'n Plek van grusame geheime, fantasieë en donker vergrype.\u003cbr\u003eWanneer een van die vroulike pasiënte in Molenberg-Psigiatriese hospitaal verdwyn, is Dominique oortuig die Bewonderaar weet presies waar sy is. Hy is, soos voorheen, weer in beheer van dié skrikwekkende spel. Maar hoe beskerm jy jouself in 'n plek soos Molenberg? Hier waar niemand jou glo en jy geen vryheid of beheer het nie?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie bewonderaar volg op Dominique (2021), maar die klem skuif hier weg van Dominique se werk as hoogsbetaalde gesellin. Die fokus val eerder op geestesgesondheid en die misbruik van mag vir eie gewin. Hierdie is  ŉ volbloed psigologiese riller wat selfs nog beter is as sy voorganger. Ontstellend, maar geloofwaardig en eg.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Erla+Diedericks\" class=\"contributor-link\"\u003eErla Diedericks\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Erla Diedericks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379993362595,"sku":"9781776355082","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776355082_4ab651fe-207e-41b4-8c26-8279ff340d41.jpg?v=1776583315","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776355082","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}