{"product_id":"9781776355730","title":"Elle-Omnibus 3 in 1 ( Droomkans \/ Vreesloos \/ Roekeloos )","description":"\u003cp\u003eIn hierdie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … Insluitend ’n nuwe storie!\u003cbr\u003eTerwyl Elle nog kopkrap oor haar droomrok vir die matriekdans, duik daar onverwags ’n paar nagtelike besoekers en groot moeilikheid by die koshuis op. En boonop is mevrou Bender, die skoolhoof, vasbeslote dat Elle met ’n unieke projek vorendag moet kom om haar jaar as hoofmeisie van Gravitas op ’n onvergeetlike noot af te sluit. Sal sy haar droomkans kry?\u003cbr\u003eIn Vreesloos is Elle vrek bang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul\u003cbr\u003egroot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans.\u003cbr\u003eIn Roekeloos wag Elle op haar matriekuitslae. Sy het pas ’n heerlike matriekvakansie gehad en nou wag die realiteite van die wêreld buite skool op haar. Watter keuses moet sy maak en wat gaan die toekoms vir haar inhou? ’n Splinternuwe boek in die Elle-reeks!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christien+Neser\" class=\"contributor-link\"\u003eChristien Neser\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Christien Neser","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378625364131,"sku":"9781776355730","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776355730_18a23577-f2eb-4146-ba9a-6b9fa6251e2b.jpg?v=1776583612","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776355730","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}