{"product_id":"9781776357574","title":"Toe als groen was","description":"\u003cp\u003e**Wenner van 2023 Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerk**\u003cbr\u003e**Wenner van 2023 ATKV Kinderboektoekennings Selfleeskategorie: Graad 8 tot 10**\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNormaal. Daai woord, daai ding wat ek nooit sal wees nie.\u003cbr\u003eOp haar agtiende verjaarsdag loop Marné weg van die huis af. Weg van Die Sending waar sy grootgemaak is tussen groen valleie. Weg van die kultus met hulle tienduisend reëls wat haar hele lewe beheer.\u003cbr\u003eSy begin 'n nuwe lewe by haar tannie in Klerksdorp en probeer leer hoe om 'n doodnormale meisie te wees tussendeur die uitdagings van matriek in 'n nuwe skool. Sy maak nuwe vriende, en dan is daar die kitaarspeler met die mooi groen oë …\u003cbr\u003eMaar na jare van breinspoeling en manipulasie is dit nie so maklik om weg te breek van die sendingdogtertjie wat sy eens was nie. En haar ouers en Die Sending sal nie ophou om haar te probeer opspoor nie.\u003cbr\u003e'n Aangrypende grootwordverhaal oor die soeke na self, die soeke na God en die soeke na waarheid.\u003cbr\u003eHierdie treffende debuut is gebaseer op ware gebeure by die KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal, waar die skrywer grootgeword het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+An-Mari+Do+Carmo\" class=\"contributor-link\"\u003eAn-Mari Do Carmo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"An-Mari Do Carmo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380002144419,"sku":"9781776357574","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776357574_f542046f-767f-47c7-ba24-b7f176197d74.jpg?v=1776584028","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776357574","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}