{"product_id":"9781776358243","title":"Olie vir jou lamp","description":"\u003cp\u003e180 dagstukkies vir inspirasie en bemoediging\nOlie vir jou lamp bevat 180 maklik-lees dagstukkies vir geestelike inspirasie en bemoediging in moeilike tye, tye waarin mense soms tou opgooi omdat dinge net te veel raak, en tye wanneer ’n mens emosionele en sielgerigte onderskraging nodig het. Die skrywer deel waarhede oor leiding uit die Woord wat mense soms nie wil hoor nie, maar tog so nodig het. Die doel van hierdie boek is om ander te inspireer, te bemoedig en geestelik\nte versterk in geloof. Die skrywer het mense se nood ondervind in versoeke oor seer, bitterheid, vergifnis, familietwis, koue geestelike lewe, huweliksprobleme, verwerping, ontrou, selfdood van geliefde, selfverwyt,\nafguns, die nagevolge van die Covid-19-pandemie en vele meer relevante temas.\nOlie vir jou lamp is ’n uitersgewilde Facebook-groepblad met meer as 25,000 lede en hierdie dagstukkie boek spruit daaruit. Lede is meestal vrouens tussen die ouderdomme van 18 tot 65+, maar almal sal kan aanklank vind by hierdie kragtige boodskappe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Emsie+Martin\" class=\"contributor-link\"\u003eEmsie Martin\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Emsie Martin","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380676575395,"sku":"9781776358243","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776358243_c91b7d7b-5e6b-45e6-b702-567d3f145f3e.jpg?v=1776584111","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776358243","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}