{"product_id":"9781776358311","title":"Die kerkseun","description":"\u003cp\u003eWaarvandaan sal jou hulp kom as jy die grootste fout van jou lewe maak?\nWillem is ‘n eenkantkind. Sy pa, die formidabele dominee Riaan Cronjé, is die trots van Bijlstad se Moedergemeente. Sy woord is wet; dit bepaal dat Willem in sy voetspore sal volg en ook die kansel bestyg. By die seunskool tel al die Bybelstudie egter vir niks. Daar is Willem omring deur ’n spul Filistyne wat die see nie kan skoon was nie; tieners met seks op die brein en ’n dialek wat die verf van die mure af laat dop. Te midde ’n eensame uur in ‘n koffiewinkel, kom sit ’n aantreklike ouer vrou oorkant die kerkseun. Sonder om ’n woord te sê, neem sy ’n hap van sy beskuit, ’n sluk van sy koffie, en verdwyn so gou soos sy verskyn het. Willem, te oorbluf om enige rooi vlaggies op te let, is natuurlik die volgende dag terug. Sy ook.\n\nDie kerkseun is ’n sterk, intelligente debuutroman, geskryf met buitengewone insig en deurnis vir so ’n jong skrywer. Deur die blik van ’n gemiddelde tiener, wys die skrywer hoe ’n jonger generasie worstel met geloof en verantwoordelikheid, familie en vriende, puberteit en seks, en ’n aanlyn-kultuur wat reputasies kan verwoes in ’n oogwink. Die storie spreek tot die tydsgees, en skroom nie weg van moeilike temas nie. Dit beeld tienerskap eerlik uit, puisies, hormone en al, maar kyk ook na die demone waarmee ’n ouer generasie sukkel. Tussendeur tref dit ’n baie fyn balans tussen humor en tragedie, namate die kerkseun die grootste fout van sy jong lewe maak.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wiaan+Janse+van+Rensburg\" class=\"contributor-link\"\u003eWiaan Janse van Rensburg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wiaan Janse van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378624807075,"sku":"9781776358311","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776358311_88be6149-5288-436a-a425-c7c46e33b9b2.jpg?v=1776584118","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776358311","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}