{"product_id":"9781776358847","title":"Hart van papier","description":"\u003cp\u003eLiefde is onvoorspelbaar\u003cbr\u003eTien jaar gelede in 'n kroeg in New York, het twee jong mans 'n muntstuk gegooi om tussen twee meisies te besluit. John het die stert en die brunette gekry, terwyl sy beste vriend die die pragtige blondine, Kate, gewen het. Maar dit was Kate wat John se hart gesteel het, ten spyte daarvan dat sy met sy vriend getrou het. Na haar mislukte huwelik, koop Kate die tweedehandse boekwinkel op 'n klein dorpie in die hoop om New York se stof finaal van haar voete af te skud. Dit vat egter een Kersfees terug in die groot stad om dinge weer omver te gooi en ŉ spul ongewensde emosies oop te krap. John besluit om 'n einde aan jare se marteling te maak deur Kate op Ridgeway te gaan sien. Wat hy egter nie besef toe hy vir die eerste keer by Next Chapter instap nie, is dat dit net die begin van die volgende hoofstuk is en dat die liefde nie voorgesê kan word nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHart van papier is die sesde boek in Didi Potgieter se gewilde Harte-reeks en volg op Hart van Goud. Dit is 'n heerlike ontvlugtingsreis na New York en karakters uit haar vorige boeke maak ook hier hul verskyning.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Didi+Potgieter\" class=\"contributor-link\"\u003eDidi Potgieter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ROMANZA+MAART+2023\" class=\"contributor-link\"\u003eROMANZA MAART 2023\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Didi Potgieter,ROMANZA MAART 2023","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380553040035,"sku":"9781776358847","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776358847_789bd28a-d477-4033-81c9-3e793bb50ac8.jpg?v=1776584210","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776358847","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}