{"product_id":"9781776359202","title":"Rusplek vir die hart","description":"\u003cp\u003eReis na liefde\u003cbr\u003eOlivia October beëindig haar netballoopban in Australië en keer terug na Suid-Afrika. Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met selfvertroue dra, skep sy die indruk dat sy sorgvry is. Selfs haar beste vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en berou wat sy met haar saamdra nie. Olivia se pad kruis met Shaun Mouton, 'n krieketafrigter. Hulle stamp dadelik koppe toe sy hom met prins Harry vergelyk oor sy rooi hare en hy in 'n oomblik van dwaasheid 'n opmerking oor haar lyf maak. Die twee takel mekaar konstant met woorde, maar die hart praat natuurlik 'n taal van sy eie. Die vrolike Shaun dra swaar aan die verwerping wat hy as kind ervaar het en vind tot sy verbasing troos by Olivia. Die feit dat hulle voorlopig 'n huis moet deel, lei tot wrywing maar stadigaan ook tot dieper begrip. 'n Reis deur Portugal bring nuwe insigte en ook die wete dat elke hart na 'n rusplek soek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Maril%C3%A9+Cloete\" class=\"contributor-link\"\u003eMarilé Cloete\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ROMANZA+AUGUSTUS+2023\" class=\"contributor-link\"\u003eROMANZA AUGUSTUS 2023\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marilé Cloete,ROMANZA AUGUSTUS 2023","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378626871459,"sku":"9781776359202","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776359202_a26cabdf-9f27-45e2-b7a0-2fbc3753e5bb.jpg?v=1776584281","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776359202","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}