{"product_id":"9781776359448","title":"Herberg vir die hart","description":"\u003cp\u003eMarike Marais is passievol oor haar werk as ontvangsdame by 'n kliniek vir geestesgesondheid. Ná 'n mislukte verhouding is sy vasberade om haar nooit weer aan 'n lyntjie te laat hou nie. Louis Calitz probeer 'n nuwe begin maak in die Boland as arbeidsterapeut by die kliniek. Hy pas gemaklik aan by die kliniek, maar op persoonlike vlak stoot hy vir Marike en hul ander kollegas van hom af weg. Boonop steek hy die rede vir sy probleme met mobiliteit vir almal weg en weier om hulp te aanvaar. Marike besef mettertyd dat Louis homself straf vir die dood van sy suster deur die pyn te verduur wat 'n heupvervanging kan genees. Louis besluit om vir die operasie te gaan, maar sal dit genoeg wees om sy probleme op te los en sy hart vir Marike oop te maak?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Maril%C3%A9+Cloete\" class=\"contributor-link\"\u003eMarilé Cloete\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ROMANZA+NOVEMBER+2023\" class=\"contributor-link\"\u003eROMANZA NOVEMBER 2023\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marilé Cloete,ROMANZA NOVEMBER 2023","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381098463395,"sku":"9781776359448","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776359448_49f0f643-4f61-46a0-81f1-48049660ac85.jpg?v=1776584329","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776359448","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}