{"product_id":"9781776359486","title":"Jy's my Kersgeskenk","description":"\u003cp\u003eBiljoenêrs van die Paarl Boek 2\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie. Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Hy't nie geweet sy is die Nic Ackerman met wie hy 'n afspraak het nie, en al die gevoelens wat sy - én hy - die afgelope ses maande probeer onderdruk, borrel na die oppervlak. Hy soen haar, maar is baie gou om vir haar te sê sy voldoen nie aan die vereistes wat hy stel vir sy toekomstige vrou nie. Anders as sy twee vriende saam met wie hy in die kinderhuis was, wil Etienne wel eendag trou. Nicola voldoen net glad nie aan een van sy vereistes nie. Maar hoekom is sy die enigste vrou by wie hy wil wees? Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Biljoen%C3%AArs+van+die+Paarl\" class=\"contributor-link\"\u003eBiljoenêrs van die Paarl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ROMANZA+DESEMBER+2023\" class=\"contributor-link\"\u003eROMANZA DESEMBER 2023\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler,Biljoenêrs van die Paarl,ROMANZA DESEMBER 2023","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381178253475,"sku":"9781776359486","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776359486_ff04da10-f85d-4279-ae80-a4e5f263f8e1.jpg?v=1776584338","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776359486","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}