{"product_id":"9781776359561","title":"Inkommers","description":"\u003cp\u003eWaar lê die lyn tussen inwoner en inkommer?\u003cbr\u003e“Ek, Plakker Prinsloo, weet nie of ek nou al gereed is om vir die eerste keer saam met Bennie Afrikaner uit te ry Kom toe nie. Ek was nog nooit 'n reisiger nie, dit is nou as jy nie my en Ma se ewige getrek voor Pa se  misdaadrekord uit reis kan noem nie.”\u003cbr\u003eInkommers is 'n eietydse verhaal, 'n kroniek van die Afrikaners - die familie, nie die volk nie - wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer. Is dit moontlik dat net gebore Kommers in die Kom hoort? Hoe gemaak met inkommers wat tot dusver nie juis welkom was nie? 'n Mens moet versigtig wees vir vreemdelinge. Die Afrikaners is hoeka aan die min word en hulle wil hulle omgewing tot 'n erfenisgebied verklaar kry. Dan is die liefde ook nog aan die uitsterf. Iemand moet daarop reageer, rebelleer selfs, maar rebelleer die ware rebel vir iets of teen iets?\u003cbr\u003eIn die titel lê ook dié vraag opgesluit: Is die Kom se bewoners die eienaars (hoort hulle in die Kom op grond van besit) of is hulle inkommers (van buite af en sonder enige regte)? Uiteindelik “kom” al die verhaallyne ook “in”\u003cbr\u003eomdat dit duidelik word hoe mense wat mekaar net skrams of glad nie geken het nie, van meet af aan deel van mekaar en die Kom was. 'n Grootliks onbekende verlede word hiermee saam onthul.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hans+du+Plessis\" class=\"contributor-link\"\u003eHans du Plessis\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hans du Plessis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380382253219,"sku":"9781776359561","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776359561_4a56340b-eec0-40ce-bb95-864406cc3585.jpg?v=1776584354","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776359561","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}