{"product_id":"9781776379255","title":"Van Kakiebos tot Kremetart","description":"\u003cp\u003eDie wurgmomente van Antonius van donderbos van bloudraad van Zyl.\u003cbr\u003eVernuwende Teoloog, Spreker, Ingenieur, Sakeman\u003cbr\u003e(B.Th.\/ M.Div.\/ MA:Antieke Tale\/ MA. Gesinsterapie\/ \u003cbr\u003eMA. Missiologie. \/B.Ing.)\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie seisoene van die lewe het in ŉ doolhof uitgeloop. Aanvanklik het Anton gedink dit is ŉ labirint. Hy het keer op keer hom in die doodloopstraat bevind. Vir jare het sy karakter wegkruipertjie gespeel met sy siel. Met geluk en goue lepels het hy altyd bo-op die perd se rug gebly. Sy vriende het hom saamgesleep deur die tuimeltrein van avontuur en grootword. \u003cbr\u003eMet deursettingsvermoë en drome soos feëverhale het hy dit reggekry om tot bo op die eerste golwe te kom. Sy eerste gevegte was met die reuse van die korporatiewe wêreld. Maar die rotteresies en dekadensie van die sakewêreld sou hy moes trotseer, voordat hy in sak en as sy heil moes loop soek in die dieptes van sy binnekringe.\u003cbr\u003eSou sy antwoorde kom van bonatuurlike magte of sou sy depressie en afwesigheid van visie en gedagte hom sleep tot in die duisternis van verdoemenis? Wat was die kanse op tweede en derde geleenthede? Hoe sou hy sy waarde weer terugvind van die ashope van drenkelinge en verslaafdes? \u003cbr\u003eHierdie verhaal loop deur die stofgetrapte grondpaaie van Namakwaland tot in die hoogste verdiepings van die Hancock gebou in Chicago. Van klein saadjies wat in dorre lande geplant word en groot bome word wat skaduwee maak vir moeë siele wat rus soek. Dit vertel van begeertes en drome wat doodloop in werklikhede. Van liefde en verwerping. Van teleurstelling en verwyte. Van menswees en grootword. Van geloof en hoop.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anton+M+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eAnton M van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anton M van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375825928355,"sku":"9781776379255","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776379255_e5fa7d0d-59b0-4928-a938-b889c4cd84bc.jpg?v=1776584479","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776379255","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}