{"product_id":"9781776380060","title":"Die drie lewens van Hannli Human","description":"\u003cp\u003eReeds as 'n dogtertjie in Kenia leer Hannli die pyn van verlies ken toe sy en haar gesin, ná die MauMau aanvalle, hulle plaas moet verlaat en Suid-Afrika toe verhuis. As student beleef sy 'n erge trauma waarvan net haar ouma Hannie, by wie sy haar sesde sintuig geërf het, weet. Toe kom Buks Vermaak, en ná jare se gesukkel, 'n dogtertjie, Nell. Maar 'n droomhuwelik met Buks was haar nie beskore nie en toe hy sterf, verkoop sy die huis in Pretoria en gaan woon in hulle strandhuis in Salt Rock. Sal haar ouma se belofte van 'n gelukkige lewe vir haar hier op Salt Rock waar word - of lê haar geluk verder noord in die Afrika-landskap van haar kindertyd?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie verhaal handel oor ŉ vrou se wedervaringe wat oor haar hele lewe strek - 'n soort fiktiewe biografie. Geliefde karakters uit die skrywer se vorige boek (Waar onthou begin) verskyn in hierdie boek ook.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Connie+Luyt\" class=\"contributor-link\"\u003eConnie Luyt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Connie Luyt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380089274531,"sku":"9781776380060","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776380060_fcbe2577-73d4-456e-af74-317acc5b6053.jpg?v=1776584496","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776380060","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}