{"product_id":"9781776380282","title":"Die Oseaan tussenin","description":"\u003cp\u003e'n Familie veg op alle fronte terwyl hul wêreld in duie stort.\u003cbr\u003eOorlog verswelg die Boererepubliek. Huise word verwoes, landery word verbrand, en vroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou. Pieter Nel lei 'n kommando bittereinders in 'n desperate opstand teen die Britse ryk. Hulle offer alles op vir 'n vrede wat dalk nooit gaan kom nie, vir 'n huis wat hulle dalk nooit weer gaan sien nie. Intussen moet Katrina Nel baklei om haarself en hul kinders aan die lewe te hou namate die toestande in die konsentrasiekampe al hoe hagliker word. Hier word haar lewe onlosmaaklik vervleg met dié van die ander vroue, die hanskakies wat die vyand help om die kampe te bestuur, en die Engelse offisier wat haar hart wil\u003cbr\u003ewen. Wag daar lewe of liefde anderkant die oorlog?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Die oseaan tussenin keer Jeanette Stals terug na historiese fiksie, met 'n oortuigende en gedetailleerde uitbeelding van 'n aaklige hoofstuk uit ons land se geskiedenis. Die boek tref 'n uitstekende balans deur beide Pieter en Katrina se perspektiewe op die oorlog uit te beeld. Lesers volg vir Pieter die veld in, gaan saam op klopjagte teen die Engelse, sien sy gevangenisskap en uiteindelike ballingskap in Ceylon. Aan die teenkant sien lesers ook die meer intieme uitbeelding van die moeilike lewe in die kampe, en die klein persoonlike dramas wat daar uitspeel tussen die gemeenskap vrouens, kinders, hanskakies, en soldate wat opgeswiep word in 'n storie wat baie groter as hulle almal is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jeanette+Stals\" class=\"contributor-link\"\u003eJeanette Stals\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jeanette Stals","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380677623971,"sku":"9781776380282","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776380282_144b94ad-09bb-47b1-97da-f0a36c6a80b4.jpg?v=1776584512","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776380282","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}