{"product_id":"9781776391837","title":"Binnerym van bloed","description":"\u003cp\u003eEk het die land leer ken, my lewe bedryf nie beter of slegter as ander nie. Die oes was nie ryker of skraler as dié van ander nie, maar dit was vol goeie are. Tog het ek geweet dat ek kom doodgaan langs die Valschrivier. Ek het dit kom soek soos die olifante.\u003cbr\u003eDigter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar - dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met dié van haar dogter.\u003cbr\u003eIn Binnerym van bloed breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verreikende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oudword bloot te lê.\u003cbr\u003eKrog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf Binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen.\u003cbr\u003eHierdie verhaal oor die verhouding tussen 'n ma en 'n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Antjie+Krog\" class=\"contributor-link\"\u003eAntjie Krog\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Antjie Krog","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382483665059,"sku":"9781776391837","price":370.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776391837_e04b9ef9-654f-46c9-9f22-4a5b9c17c041.jpg?v=1776584733","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776391837","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}