{"product_id":"9781776391974","title":"Die moord op Liezel de Jager","description":"\u003cp\u003eOp 13 Oktober 2021 is Suid-Afrika tot stilstand geruk deur die nuus oor dominee Liezel de Jager, geliefde leraar van die NG Kerk Suidkus in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, wat in die oprit van die pastorie vermoor is toe sy terugkeer van haar daaglikse oggenddraf saam met vriende. \u003cbr\u003eDit was ondenkbaar dat 'n geestelike leier soos sy, wat 'n enorme impak op haar gemeenskap gehad het, so wreed weggeruk kon word.\u003cbr\u003eMaar nog vreemder gebeure volg in die dae en jare na haar moord. Haar man, Werner, verdwyn skielik spoorloos en word later in 'n bedenklike toestand in 'n suikerrietplantasie gevind. Hy vermoed dat hy moontlik deur Liezel se moordenaars aangeval is.\u003cbr\u003eBenewens verskeie ander amper-noodlottige gebeure rondom Werner, is hy later ook in 'n ongeluk betrokke waar nog twee vroue dood is. Om alles te kroon, sloer die polisie twee jaar lank voordat hulle met die moordondersoek begin.\u003cbr\u003eIntussen voer Liezel se ouers 'n volgehoue stryd om geregtigheid vir hul dogter te kry. Dit loop uit op 'n suksesvolle hofsaak teen die minister van polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, met die gevolg dat Werner weens die moord op sy vrou in hegtenis geneem word, maar later onder misterieuse omstandighede in die hospitaal sterf. \u003cbr\u003eDie moord bly onopgelos.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anena+Burger\" class=\"contributor-link\"\u003eAnena Burger\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anena Burger","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382597894307,"sku":"9781776391974","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776391974_ad93bb9b-88a8-4e27-b9eb-d142833f307c.jpg?v=1776584754","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776391974","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}