{"product_id":"9781779860026","title":"Solank as die aarde","description":"\u003cp\u003eNá 'n jagongeluk is niks op die familieplaas Soetkloof ooit weer dieselfde nie. Die 15-jarige De Viljee is dood en sy broer en suster, die 18-jarige tweeling Cornél en Ragel, se lewe is verwoes. Cornél slaan op die vlug, want hy kan nie sy gebroke ouers in die oë kyk nie. Die koeël het immers uit sý jaggeweer gekom.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn die nasleep van die tragedie moet Ragel hul familieplaas vroualleen te midde van 'n groot droogte probeer red. Sy maak vriende met die gemeenskap se jong boere wat hulle oor haar ontferm en op 'n dag kom daar 'n vreemdeling oor die berge aangestap. Die luiperdman, soos sy hom leer ken, laat haar anders na alles kyk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGaan Ragel enduit vir haar stukkie aarde baklei? En gaan Cornél ooit lewend na Soetkloof terugkeer?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSolank as die aarde, Lucia Prinsloo se derde roman, is uiteindelik 'n verhaal oor vasbyt en hoop in 'n harde, maar aangrypend mooi berglandskap. Want solank as die aarde bly staan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, sal koue weer warm word, winter weer somer en nag weer dag.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lucia+Prinsloo\" class=\"contributor-link\"\u003eLucia Prinsloo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lucia Prinsloo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378242240675,"sku":"9781779860026","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779860026_3c54b29b-5db1-4608-a121-cd1c3e0bcb99.jpg?v=1776585058","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781779860026","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}