{"product_id":"9781779860422","title":"Donker spoor","description":"\u003cp\u003eWaarheen sal die donker spoor hom lei? \u003cbr\u003eHulle kry haar lyk in 'n veld. 'n Tienermeisie - verkrag, gemartel, vermoor. En sy's nie die eerste een nie. Adjudant-offisier Jan Magson moet die reeksmoordenaar vang. Hy moet die slagoffers se ma's en pa's in die oë kyk en hul vrae beantwoord, maar hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. \u003cbr\u003eWant agter hom lê daar ook 'n donker spoor ... Kort voor lank haal die moorde hoofopskrifte en die gemeenskap eis antwoorde: Hoekom trek die polisie nie die boosaard vas nie? Toe 'n ma 'n brief vir die koerant skryf en 'n pa 'n beloning uitloof, word dinge op 'n mespunt gedryf. Bevind Magson hom op nóg 'n dwaalspoor of is hy uiteindelik op die donker spoor wat hom na die ware antwoorde sal lei? \u003cbr\u003eDonker spoor was blitsverkoperskrywer Martin Steyn se bekroonde debuutroman. In dié splinternuwe heruitgawe met 'n treffende nuwe omslag kan lesers weer saam met Jan Magson in die duistere psige van die moordenaar delf.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Martin+Steyn\" class=\"contributor-link\"\u003eMartin Steyn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Martin Steyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375539568803,"sku":"9781779860422","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779860422_a16f1240-857a-46c7-8be3-78844b34c221.jpg?v=1776585099","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781779860422","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}