{"product_id":"9781779870124","title":"Verlief op die hartebreker","description":"\u003cp\u003eKan jeugliefde weer opvlam? As skoolkind was Carli dolverlief op haar ouer broer se vriend Rudolph Beyers. Hoekom het sy haar dan so skaamteloos gedra toe hy by die maskerbal vir haar matriekafskeid opgedaag het? En het hy haar agter haar masker herken? Rudolph het nog altyd 'n sagte plekkie vir Carli gehad, al het sy as kind soos 'n stertjie al agter die groot seuns aangetou. Wanneer hul paaie agt jaar later weer kruis, woon en werk Rudolph oorsee en Carli is verloof aan Louis. Gaan sy ter wille van haar gesin se behoud met Louis trou en haar in 'n liefdelose huwelik begewe? Of gaan sy alles op die spel plaas vir die hartebreker wat haar knieë al van kindsbeen af lam maak?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elize+Davies\" class=\"contributor-link\"\u003eElize Davies\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ROMANZA+MAART+2024\" class=\"contributor-link\"\u003eROMANZA MAART 2024\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elize Davies,ROMANZA MAART 2024","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381138571427,"sku":"9781779870124","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779870124_b836b6ba-0724-47bb-88f5-e322094b7ea7.jpg?v=1776585183","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781779870124","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}