{"product_id":"9781779880505","title":"Knal","description":"\u003cp\u003eNicci de Wee is op die spoor van 'n nuwe booswig en hierdie keer is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede word vermis. Die ondersoek sirkel egter sonder sukses rondom wie die misterieuse skim is wat talentvolle vroue so koelkop in openbare plekke teiken. Hy laat hulle oënskynlik in die niet verdwyn ... met afgryslike gevolge. En hoekom bly die klokke so onheilspellend lui? \u003cbr\u003eSkakel dit enigsins in met die silwer klokkies wat hulle by die misdaadtonele vind? Nicci word deur angswekkende gebeure nog dieper by die saak ingesleep en haar spanlede word in 'n verbete wedloop teen tyd vasgevang. Is hulle op die spoor van die regte duiwel, of is daar iemand selfs meer sinister agter die gruweldade wat almal tot hul uiterste beproef? Wyngaard is 'n meester storieverteller en het geen probleem daarmee om die karakters in haar boeke af te maai nie. Kan hierdie dalk Nicci de Wee se finale speursaak wees?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bettina+Wyngaard\" class=\"contributor-link\"\u003eBettina Wyngaard\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Bettina Wyngaard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382572859555,"sku":"9781779880505","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880505_9da01eea-0899-4ba2-8fc4-e7c8c05316c9.jpg?v=1776585801","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781779880505","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}