{"product_id":"9781779880529","title":"Stryd vir liefde","description":"\u003cp\u003eLija is 'n meisie van Joods-Romeinse afkoms en die aangenome dogter van Pontius Pilatus. \u003cbr\u003eSy bevind haar in 'n gereëlde verlowing met Silva, 'n Romeinse tribuun. Eers dink sy hy is nes al die ander Romeinse mans, harteloos en ongenaakbaar. \u003cbr\u003eTot haar verbasing begin liefde egter in beide van hulle harte vir mekaar ontwaak ... Silva en Lija het uiteenlopende gevoelens oor die man wat die Jode soveel hoop gee en die Romeine omkrap. \u003cbr\u003eLija glo die man wat hulle die messias noem bring genesing en 'n nuwe begin. Sy skaar haar by die Selote om wapens uit 'n Romeinse arsenaal te steel om die skaal van gesag te laat kantel. \u003cbr\u003eSy doen dit met die wete dat dit Silva se lewe ook in gevaar kan stel, maar haar oortuigings vuur haar aan. En Silva doen die onvergeetlike ... hy is deel van die groep soldate wat die Jode en Lija se hoop - die messias - kruisig. \u003cbr\u003eAlbei is diep seergemaak en ontnugter deur die ander se optrede en die vertroue tussen hulle lê aan skerwe.\u003cbr\u003e Is hulle liefde vir mekaar vir altyd verlore? Of sal Lija en Silva vanuit die as kan opstaan en vir hul liefde veg ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Frenette+van+Wyk\" class=\"contributor-link\"\u003eFrenette van Wyk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Frenette van Wyk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381473984675,"sku":"9781779880529","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779880529_7e310fac-b044-47ca-9cc0-8b4ea88ca327.jpg?v=1776585806","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781779880529","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}