{"product_id":"9781779990433","title":"Ek sal vir jou veg","description":"\u003cp\u003eWanneer Cazlee se pa een aand weer sy hande vir haar lig, slaan sy terug. Voor sy haar kom kry, veg sy elke naweek by 'n onwettige vegklub om kos op die tafel te sit en sy dobbelgewoonte te onderhou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy droom van 'n matrieksertifikaat en 'n lewe ver weg van haar swakkeling-ma, dronklap-pa en 'n vegkryt waarin min reëls geld. Maar haar skoolwerk ly ál meer onder die laatnaggevegte.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDan sien 'n voormalige martial arts-kampioen Cazlee se talent raak. Hy bied haar 'n beurs aan by die skool waar hy taekwondo afrig en die kampioentrofee in die visier het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEllamay, sy dogter, droom daarvan om in haar kampioen-pa se voetspore te volg. Dat haar pa uit sy pad gaan om eerder van Cazlee 'n kampioen te maak, lei tot wrywing tussen die twee meisies.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDan gaan die wêreld van onwettige gevegte vir Ellamay ook oop. Dinge loop lelik skeef en Cazlee moet 'n besluit neem wat haar hele toekoms kan beïnvloed.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cliffordene+Norton\" class=\"contributor-link\"\u003eCliffordene Norton\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Cliffordene Norton","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382537371811,"sku":"9781779990433","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779990433_358737b1-215d-4d11-b12b-88adc10a00aa.jpg?v=1776586101","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781779990433","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}