{"product_id":"9781779990594","title":"Die Fantastiese Verdwyning van Charlie Prins","description":"\u003cp\u003ePartykeer skuld die heelal jou 'n paar cool sokkies.\u003cbr\u003eEthan is uit die veld geslaan toe hy een Saterdagoggend sien hoe die nuwe meisie in sy klas 'n paar sokkies steel. Sommerso helder oordag by 'n vlooimarkstalletjie. Almal by die skool wonder reeds oor die meisie wat aan die einde van die vorige kwartaal by die skool aangekom het. Haar naam is Charlie Prins. Pouses sit sy eenkant. Dit lyk of sy nie raakgesien wil word nie. In watter skool was sy voorheen? Het sy broers of susters? Is sy goed met sport of redenaars of so iets? Niemand weet enige iets van haar nie. Charlie is 'n raaisel - een wat Ethan nie kan wag om te ontsyfer nie. \u003cbr\u003eMaar die geheim wat sy wegsteek, is groter - en gevaarliker - as wat hy ooit sou kon raai. Met sy kenmerkende mengsel van humor en deernis vertel Jaco Jacobs in Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins die storie van iemand wat desperaat is om te verdwyn, en iemand wat nie kan help om haar raak te sien nie. Instagram-foto's, bordspeletjie-kaartjies en ander visuele elemente maak dié warrelwind van 'n verhaal vir jong tieners 'n onvergeetlike leeservaring.\u003cbr\u003eDie boek is 'n verwerking van die gelyknamige draaiboek wat die skrywer in 2022 geskryf het. Die rolprent is in 2023 as deel van kykNET se Storiefilms-projek uitgesaai.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Karla+Koekemoer\" class=\"contributor-link\"\u003eKarla Koekemoer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381463793827,"sku":"9781779990594","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781779990594_d1122179-72c9-4421-8956-83d3f4ea1f49.jpg?v=1776586131","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781779990594","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}