{"product_id":"9781834928111","title":"Waar daar eens n see was","description":"\u003cp\u003eop hierdie plek hier waar ek nou staan\u003cbr\u003etussen bitterbosblomme en stapels klip waarlangs\u003cbr\u003e'n skaaphond waak oor kaalgeskeerde skape\u003cbr\u003ewas daar eens 'n see\u003cbr\u003eek weet dit want onder my voete\u003cbr\u003eis die fossiel van 'n vis en twee verdrinkte vroue\u003cbr\u003eteen die heuwel is oorblyfsels van hul huis\u003cbr\u003egebou met skulp en klei\u003cbr\u003een daar is 'n waterigheid in die verte\u003cbr\u003esoos sweet op jou vel\u003cbr\u003etoe jy nog bokke gejag het saam met !kweiten-ta-\/\/ken\u003cbr\u003eoor hierdie karooveld\u003cbr\u003ewaar daar eens 'n see was\u003cbr\u003eOOR DIE DIGTER\u003cbr\u003eJennifer Pape is gebore op Hennenman in die Vrystaat. Sy verwerf 'n BSc-honneurs in Geologie aan die UOVS en later 'n MSc in Geochemie by Wits. Sy skryf sedert haar studentejare gedigte, maar begin eers ernstig dig nadat sy die Stomme Jonge-digklub in Stellenbosch gestig het. Sy publiseer 'n handvol\u003cbr\u003egedigte in Ons Klyntji en behaal die tweede plek in die Afrikaanse afdeling van die 2022-Avbobpoësiekompetisie. Sy is die webontwerper vir New Contrast Literary Magazine, en versamel graag boeke en plastiekdinosourusse. Jenny bly in Fisherhaven saam met haar lewensmaat, Susan, en kunstenaardogter, Maya.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jennifer+Pape\" class=\"contributor-link\"\u003eJennifer Pape\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jennifer Pape","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375636758691,"sku":"9781834928111","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781834928111_e40afad3-337b-4a4d-a676-be8f14947eea.jpg?v=1776805467","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781834928111","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}